29 OCT 2018 AT 0:17

Vanaand sit ek en dink aan jou, Ek besef dat ek baie van jou hou! Ek besef jy is deurmekaar en seer; En wens ek kon dit keer! Daar is so baie wat ek vir jou wil sê, Maar weet nie wat jy nou wil hê! Onthou net ek sal altyd daar vir jou wees, Kan nie wag om jou messages te lees! Ek wil so graag weet hoe jy voel? En wens ek kan weet wat jy bedoel? Ek besef ek is soms so bang, Maar weet dat ek na jou verlang! Ek weet nie waar jy deesdae loop, Maar sal elke dag bly hoop, Ek wil tog so baie van jou weet, Of het jy my al klaar vergeet?

- Nicolene Botha