Ek het jou so lief het jy gesê, Dis net vir jou wat ek wil hë! Nou het jy jou rug op my gekeer, Van my vergeet al maak dit seer! Hoe moet ek aangaan sonder jou? Terwyl ek steeds so baie van jou hou; Ek wens net ek het harder probeer. Om jou weggaan van my te keer! Die aande as dit stil raak mis ek jou, En wens ek kon jou in my arms hou! Jy sê jy is nie meer lief vir my; En wat tussen ons was is verby! Dit wat eens tussen ons was, Nou is ek vir jou net ‘n las! As ek maar net regtig kon weet! Hoe kon jy my so gou vergeet!
- Nicolene Botha
24 SEP 2018 AT 1:29