29 SEP 2018 AT 12:45

Die lewe loop soms draaie wat ons nie beplan, Wat ons graag sou wou verander as ons kan! Dis na die Kaap wat ek soms verlang, Want as ek rondkyk hier word ek bang! Ek verlang na daardie deel van die land, Na die wye velde, berge en sand! Ek sal so graag my weer daar wil bevind; Waar ons vry kon speel as ‘n kind! Waar jy net kan sit en in die verte staar, Daar waar jy nog stilte en vrede ervaar! Dis nog hartsmense wat daar bly, Nie mense wat jou probeer vermy! Here ek weet dit was U wil! Daarom verlang ek en is stil!

- Nicolene Botha